MEER OMTRENT ONS:

Die Cornel Bekker Selfontwikkelingsentrum


het tot stand gekom om die nagedagtenis van Cornel en sy vriend, Raymond Olivier, te eer.

Hulle is tydens ‘n visvanguitstappie op
19 Julie 2017 in ‘n fratsongeluk oorlede.
Hulle was albei 18 jaar oud en leerders van Hoërskool Monument in Krugersdorp.

Hulle heengaan laat ‘n onbeskryflike verlies en verlange by hulle ouers, families en die talle vriende wat hulle geken en liefgehad het.

Meer oor ons Raymond Olivier en Cornel Bekker.
Ons sal julle NOOIT OOIT vergeet nie!
 
 
 
Die Cornel Bekker Selfontwikkelingsentrum
Geopen 29 Maart 2019


Indien u belangstel in enige
van ons programme, vul asb die
onderstaande vorm in:

Afrikaanse Toestemmingsvorm
English Permission Form
WAT ONS DOEN:

By Die Cornel Bekker Selfontwikkelingsentrum
wil ons graag ‘n verskil aan die wêreld maak deur:

• Laerskool kinders te leer om emosies beter
  te hanteer en
• Ouers te lei in die hantering van kinders,
  sodat ons mense kan help om
  verantwoordelike volwassenes te word.

Tieners:
Ons beplan om ook later tieners by ons programme te betrek.

Die sentrum is op 29 Maart 2019 deur Mnr. Charles Miller,
Hoof van Laerskool Krugersdorp-Noord geopen.

WAT ANDER SÊ

Kliënte vanaf Facebook

  • Jaco
    Puik diens met deurslaggewende resultate...
    Jaco
  • Samanthe
    Beste in die Weste, kan nie vir n beter plek vra nie.
    Samanthe
  • Marlene
    Goeie betekenisvolle diens wat n verskil maak.
    Marlene

Kontak ons

Cornel Bekker Selfontwikkelingsentrum